Opleiding tot HDPE sweis span leier vir ‘n groeiende afdeling in Ceres

 Is jy :

  • ‘n Geduldige persoon
  • Hou van praktiese en fisiese werk
  • Volg instruksies noukeurig
  • Het hoë standaarde vir netheid
  • Baie presies
  • Gewillig om te leer
  • Hardwerkend
  • Vriendelik
  • Hulpvaardig
  • Gewillig om met swaer items te werk

Indien jy JA! geantwoord het op die boonste vrae en die volgende kwalifikasies besit

  • Bestuurders lisensie
  • Matriek Wiskunde
  • Rekenaar vaardig
  • Honger om te leer
  • Grafiese tekeninge sal in jou guns tel

Het ons werk vir jou!

WB besproeiing is ‘n gespesialiseerde landbou besproeiing maatskappy in Ceres wat sy HDPE been wil vergroot om die toenemende navraag te kan diens en uitstekende kliënte diens te lewer.

Tipiese dag van ‘n HDPE swyser:

Om seker te maak alle toerusting is en materiaal is reg vir die dag se werk. Na alles nagegaan en gelaai is gaan die persoon uit na die werkperseel(plase) om die gealokeerde HDPE werk te gaan doen. Aan die einde van die dag lys die persoon alle materiaal wat gebruik is en gee dit terug aan die projek bestuurder om te vergelyk met die oorspronklike lys van materiaal. Die toerusting en gereedskap word aan die einde van elke projek na gegaan, skoon gemaak en gediens waar nodig.

Verantwoordelikhede om die daaglikse take uit te rig:

  • HDPE pype en spruitstukke sweis
  • Laai van masjien en materiaal
  • Masjien instandhouding
  • Gereedskap inventaris hou
  • Werkkaarte op datum hou
  • Materiaal lys na gaan en opdateer op rekenaar